Vasgevang In Duisend Woorde
Ongesing Die Ruim Akkoorde
Is Die Ritme Van Die Digter
Sonder Voorgee, Effens Skugter
Lewensles Saggies Verdoesel
Met Woordekwas, Papirus Esel
Verf Nog Maal
Net Een Keer Weer
Se Vir My Wat Ek Moet Leer
Van Lewe, Liefde En Verdriet
Van Opstaan Weer En Weer
Swyg Jy, Was Jou Traan Verniet